Testimonials

2-3/05/2016
Thank you for making us part of your family!
We enjoyed our stay. The accommodations are fabulous and your hospitality is “off the charts” fantastic!! Thank you!
- Randy Travalia – Minnesota, USA

25/10/2015
Petro & Gert, ek het ‘n baie lekker naweek verwag, maar dit was meer as heerlik, julle is sout van die aarde, ons sal werklik ver moet soek om weer julle kaliber mens te moet ontmoet. Petro jou kos is uit die boonste rakke. Jy mag maar spog, want jy sal dat ons spekvet raak met jou heerlike etes. Ons sal vir seker weer kom kuier, julle plek straal suiwer liefde en omgee uit. Baie dankie vir julle opregte gasvryheid. En sê vir Danie ons sê hy is net so oulik soos papa en Mama en ons se TaTa.
Baie liefde
- Haniq Kruger & Rosalé Steyn.

30/08/2014
Een woord, fantasties.  Dankie.
- Annie.

19/08/2014
Baie dankie vir julle gasvryheid. Ons kliënte het dit baie geniet en “vote” julle as die beste lodge waar ons met hulle al gebly het. Petro se gasvryheid en haar kook skills en beslis Mackie se vaardigheid in die spa het alles bygedra tot hulle tevredenheid van die Zambe Safaris crew. ‘n Groot dankie vir julle almal.
- Mickey & Abie, Zambe Safaris

03/06/2014
Ons het heerlik ontspan en geëet + wat ‘n bederf was die Hot Stone massage! Dankie!
- Wilhelm & Cecilia – Groblersdal

27/04/2014
Dit was ongelooflik, ‘n groot bederf en elke sent, die moeite werd! ‘n Ondervinding uit die boonste rakke. Net wat mens nodig het so voor die groot dag. Sal beslis weer kom! Die manier waarop ons ontvang is en bederf is, wow. Al die moeite was definitief indrukwekkend. Baie dankie vir alles!!!
-  Minette & Ronel – Secunda + Middelburg

27/04/2014
Baie dankie vir die vriendelike gasvryheid!!! Moenie van die 3 Dotethy’s vergeet!
- Celeste, Candy & Smangele – Middelburg

21-22/04/2014
Dankie, dit was ‘n besonderse paar dae, heerlike gasvryheid en moeite. Ons kom weer kuier.
- Letitia & Ronel – Pretoria

02/04/2014
We had a wonderful time. Friendly staff and relaxing spa treatment. Thank you. We can’t wait to come back. xoxo
- Anneke

01/04/2014
AWESOME!!! Dit was baie lekker.
- Petro, Brenda, Jeané – Middelburg

26/03/2014
Baie dankie vir ‘n ongelooflike bederf, heerlik geëet en gekuier. Sal beslis weer kom. Doen my siel die wêreld se goed!
- Alyna Greyling

25/03/2014
Ons het Lizelle se 40ste hier geniet. Baie dankie vir ‘n heerlike bederf
- Lizelle, Charlene & Jacqueline

04/03/2014
Dit was ‘n wonderlike dag. Ons het dit baie geniet. Ons sien julle weer.
- Narissa & Deon Schoombee – Witbank

21-23/02/2014
Baie dankie vir ‘n baie lekker naweek. Uitstekende gasvryheid en bederf.
- Philip & Juanita – Witbank

15/09/2013
Was great om jul weer te sien. Dankie vir moete met spesiale omelet. Dit was genuine lekker.
- Hannes & Schenda – Middelburg

14/09/2013
Gawe mense. Lekker gesels! Baie dankie. Was lekker gewees. Lekker geëet en lekker ontspan.
- Anne-marie & Santa-Marie Venter

14/09/2013
Was baie lekker, sien weer volgende maand.
- Maryn & Eynice Middleburg

07/09/2013
A small paradise on earth.  Service is so friendly and great, the Lodge so beautiful. Thank you so much for the pleasant stay here. We hope to come back.
- Rosita & Taufred , Cologue – Middelburg

07/09/2013
Baie, baie lekker!!
-  Maggie & Peet - Middelburg

01/08/2013
Baie dankie vir jul gasvryheid! Warm ontvangs – die rustigheid was salwend vir die gees. Geseënd sal jul wees.
- Bets en Johan le Roux

29/12/07
Again – Treated like a princess. Spoilt rotten; thoroughly enjoyed the stay. I’ll be back (for the third time!!!)
- Katherine Breytenbach

29/12/07
Wonderful 3 days of relax, good food, wine, company and super comfortable accommodation. “Queen for the day”. Absolutely superb, great attention to detail. Fantastic!
- Olivia and David